TEMBA TUISBLAD

 

TEL: +27 (0) 21 855 0395


Simply click on the photo to get more information on the respective lodge/ campsite and/or to make a booking


Woodlands Stop Over Beste selfsorg akkommodasie en kampering naby Francistown in Botswana.


Cresta Thapama Hotel Luukste hotel in die CMD van Francistown Botswana.


Marang Gardens Hotel 'n Bekostigbare tog redelik luukse hotel 3 km van die CBD van Francistown Botswana.

FRANCISTOWN

Francistown is in die oostelike grenss treek van Botswana geleë, naby die grens met Zimbabwe en buite die droë Kgalagadi-distrik. Nie alleen lyk die omgewing nogal soos dié van Zimbabwe nie, maar die Francistown-gebied (voorheen Nyangabgwe genoem) het ook hegte handels- en kulturele bande met die Ndebele van Bulawayo gehad lank voor die grense deur die koloniale heersers vasgestel is.

Francistown is Botswana se tweede oudste dorp en word ook die “Hoofstad van die Noorde” genoem. Die eerste nedersetting het ontstaan as gevolg van Rhodes se spoorlyn, wat Zimbabwe met die Kaap verbind het. Hierdie ou blikdorpie het nogal baie soos die stel van ‘n “Wilde Weste”-fliek gelyk: net een straat, ‘n paar kroeë en ‘n paar winkeltjies wat net die noodsaaklikste verkoop het. Die bekende sendeling, Robert Moffat, was die eerste blanke person om die gebied te besoek. Karl Mauch was kort op sy hakke. In 1867 het Mauch goud in die Tati River en in die Francistown-nedersetting ontdek, wat tot Suider-Afrika se eerste goudstormloop gelei het.

Fortuinsoekers van dwarsoor die wêreld het op die dorpie toegesak. Dit het veroorsaak dat ene Daniel Francis (na wie Francistown vernoem is) die dorp formeel proklameer het. Ongelukkig is die goud in hierdie streek van Botswana in nou bande vasgelê, wat die moontlikheid dat die kleinskaal pioniers op groot skatte sou afkom, geweldig beperk het. Al wat vandag van daardie goudstormloop oorbly, is die verlate skagte en interessante straatname. Een só ‘n straatnaam is “Blue Jacket Street” (die hoofstraat van) wat na Sam Andersen, ‘n legendariese prospekteerder, vernoem is. Sam het kaalvoet oor Australië se Westelike Woestyn geloop, terwyl hy sy prospekteer-kruiwa gestoot en sy beroemde blou denimbaadjie aangehad het.

Vandag is Francistown ‘n besige stad midde-in ‘n ekonomiese ontploffing. Dit is ‘n gewilde stoppunt vir toeriste wat noordwaarts na die Makgadigadi Soutpanne, Chobe, die Okavango Delta, Kasane en Maun op pad is. Goed-toegeruste winkels sorg dat Francistown ‘n gewilde inkopiesentrum vir mense uit die aangrensende Zimbabwe is.

BOTSWANA HOTELS

Ongeveer 200 km Noord van Francistown is 'n klein dorpie met die naam Nata. Dit is waar die Maun pad regs afdraai en die pad na Kasane reguit aangaan. Die is is hier waar jy Nata Lodge sal vind. Natal Lodge het afgebrand en is in 2008 tot 'n luukse lodge herbou.

NAMIBIESE AKKOMMODASIE

Francistown akkommodasie neem die vrymoedigheid om 'n aantal akkommodasie plekke in Namibië aan te beveel. In die Suide is daar 'n bekrronde hotel in 'n klein dorpie Grunau. Hierdie baie spesiale hotel word dieGrunau Country House genoem. Waarskynlik omdat almal tuis voel in hierdie besondere hotel. In die Noorde naby Khorixas in 'n area met fasinirende woestyn plante en bekende rots tekeninge en fossil bome is Twyfelfontein. By die bekende Twyfelfontein Country Lodge in Kaokoland voorheen Damarland sal jy sommige van die bes bewaarde rots tekeninge sien terwyl jou ook naby die Verbrandeberg en die Versteende Woud sal wees. As jy Noord wil reis na jou verblyf by Francistown in Botswana besoek gerus die bekende en gewilde Waterberg Plato Nasionale park naby Otjiwarongo in Namibie.

ZIMABAWE AKKOMMODASIE

Dit is maklik om van Francistown tot by Victoria Valle in Zimabwe binne een dag te ry. In Victoria Valle sal jy 'n boutique hotel, Ilala Lodge vind. die lodge is saam met die Kingdom Hotel die naaste aan die waterfal. Spandeer minstens drie nagte hier voordat jy na die Karibadam vertrek. Fothergill Island in Karibadam is 'n besondere bestemming vir mense wat wil wildbesigtig of visvang.